TERMES EN VOORWAARDES

​

Baie dankie vir u ondersteuning met die aankoop van my produkte.
Ek hoop dat u of/en u kind ure se genot en hulp daaruit sal put.
Ek vra asseblief dat geen afdrukke gemaak en versprei word sonder my toestemming nie.

My Skool Goeters (eienaar: Anelia Muller) is die wettige eienaar van die intellektuele eindom en beskik dus oor die kopiereg van die inhoud.

Geen hergebruik, verspreiding of kopieëring sonder my toestemming is toelaatbvaar nie asseblief.

Die gebruik van die studiemateriaal is slegs vir een (1) gebruiker (gesin).

Die verbod sluit in dat niemand dit mag gebruik in enige ander platform nie en vir geen ander doeleindes as slegs die opvoeding van leerlinge in die gesin nie.

Dit bly u verantwoordelikheid om opsommings teenoor die werk van u kind(-ers) te vergelyk om seker te maak dit is van toepassing.

My Skool Goeters aanvaar geen verantwoordelikheid vir die leer van verkeerde inhoud en/of die prestasies van leerders nie.

Onderwysers en ander persone in die opvoedkundige bedryf kan slegs van My Skool Goeters se produkte gebruik maak vir hul persoonlike gebruik en mag nie die materiaal versprei aan jou skool leerders, studente, skool, ander onderwysers, instellings of ouers nie.

U is welkom om my te kontak vir enige verdere navrae en ek vertrou op u samewerking rakende bogenoemde.

Indien u wel die materiaal wil gebruik in u klaskamer, kontak my asseblief direk.

Aangehegte domkumentasie is onderhewig aan kopiereg.

Alle regte voorbehou.

Vriendelike Groete,

My Skool Goeters

Anelia Muller   /   Tel: 083 2677 450   /   myskoolgoeters@gmail.com

Image Credit: Educlips extended license for blog and web use of purchased images.