Baie welkom by My Skool Goeters!
Dankie vir u belangstelling in my produkte en dat u die tyd afknyp om bietjie hier te kom loer.
My Skool Goeters het ontstaan uit my liefde vir leer – ek glo nog altyd dat kennis die een ding is wat niemand van jou kan wegvat nie. My wens vir elkeen wat hier iets koop is dat dit jul leerproses makliker sal maak.
My doel is om deur prentjies, kleur en “mind maps” wat ek gebruik in die opsommings dit vir die leerder makliker te maak om te onthou.
Na 17 jaar in die korporatiewe wêreld het ek my passie ontdek toe ek die opsommings vir my dogter begin maak het en van daar af soveel navrae ontvang het. Die Here seën my elke dag met die belangstelling en ondersteuning van soveel ouers en onderwysers – ek kan net dankie sê!
Ek geniet elke oomblik van elke werkstuk of produk wat ek saamstel en hoop dit help elkeen wat dit gebruik.
U is meer as welkom om my enige tyd te kontak indien u enige voorstelle of versoeke het.
Image Credit: Educlips extended license for blog and web use of purchased images.



